Tegnologiese heropbou vir SAID se befondsing

Een van die praktiese aankondigings uit die begroting is befondsing vir die HER-opbou van die SAID se vermoëns, ten einde invordering van belasting te verbeter.

Op die oog af blyk hierdie na redelike bewilliging te wees.

Hierdie is egter koste wat 100% vermybaar was.

Zuma se aanstelling van Tom Moyane het ten doel gehad die vernietiging van juis die vermoëns wat nou HERBOU moet word.

Verder is baie van die SAID “verbeterings” bloot ʼn terugkeer na basiese beginsels – beginsels voorheen laat vaar ter wille van “transformasie” …

Ons moet hierdie saak ook oorweeg met verwysing na die minister en SAID kommissaris se uitsprake van WIE die teikens gaan wees van verskerpte invordering:

            NIE die geraamde 19 miljoen ontduikers in die “township” ekonomie nie.

            NIE die begunsdigdes van staats-korrupsie nie.

(ramings wissel van R 1 500 tot R 3 000 miljard; teen 45% is dit EEN DERDE van die beraamde uitgawes vir 2021)

In verband met die laasgenoemde is dit insiggewend om te onthou dat oproepe tot inligting oor Jacob Zuma se belasting vir persoonlike voordele ontvang uit die staatskas word hand-en-tand beveg deur die SAID Kommissaris.

Dit is blykbaar aanvaarbaar dat Zuma openbare geld steel, maar die slagoffers (elke belastingbetaler) mag nie inligting daaroor gegee word nie … 

Verder moet tegnologiese kanale beoordeel word aan die hand van die merkbare vaardigheids leemtes, asook die bewese oneerlike neigings onder amptenare van die SAID.

In ʼn papierlose omgewing is duit haas onmoontlik vir Jan Alleman om bedrog te bewys teen groter organisasies.

Dit is daarom noodsaaklik dat daar duidelike veiligheidsmeganismes benodig word om belastingbetalers beter te beskerm teen staatsvergrype.