Tabak nog steeds by Zondo

Die Zondo Kommissie oor Staatskaping het weer nuwe getuienis aangehoor wat skokkend is oor die beweerde korrupsie waarby die SA Inkomstediens betrek word.

Johann Van Loggerenberg, die voormalige werknemer van die Inkomstediens, het die afgelope week getuig en met skokkende bewerings gekom wat verrykende gevolge inhou.

In sy getuienis kom dit na vore dat Project Honey Badger  in 2013 afgeskop het om die stryd teen onwettige tabak handel te stuit, en maak hy die bewering dat die onwettige handel, wat miljoene Rand se belasting vermy, ook nie gestop kon word nie weens die feit dat sekere parlementslede by die onwettige handel betrokke is.

Van Loggerenberg het daarop gewys dat die sigaret industrie nog altyd ʼn probleem was, en daarom die die spaeiale poging in werking gestel. Hy sê die 2011 tot 2012 fiskale jaar het getoon dat die Inkomstediens R10,8 miljard in aksynsbelasting ontvang het.

In die fiskale jaar daarna is R11.5 miljard ingevorder, en in die tyd 2014 tot 15 het dit verder verhoog tot R13,1 miljard.

Hy sê die Inkomste diens het elke jaar ʼn styging ondervind in die aksynsbelasting, maar gedurende 2020 het dit dramaties gedaal toe verbod op verkope in die grendeltyd toegepas is wat deur die regering se ministers ingestel is.