Switserland: Moslem gesig bedekking verban

Die Switserse demokratiese bestel het oor die jare ʼn vaste patroon gekry wat politici in die regeringstoele heel gou ʼn referendum hou oor sake om die volkswil te bepaal.

In die mees onlangse referendum in die land, moes kiesers hulle keuse maak of Moslem vroue se gesig bedekking toegelaat mag word al dan nie.

Die referendum is gehou te midde van die feit dat Moslem vroue baie selde in die openbaar gesien word in Switserland, maar die kiesers het met ʼn geringe meerderheid gestem ten gunste van die verbanning van sulke bedekkings.

 Die Islamitiese gesig bedekking was tot hede toegelaat, maar sal voortaan ʼn oortreding wees, maar met die vroue wat tot hede baie selde op straat verskyn het, sal hulle nou nog minder gereeld te siene wees, sê waarnemers.

Diegene wat ten gunste van die verbanning gestem het, was 51,2%, en politieke ontleders reken die naelskraap oorwinning sal veroorsaak dat daar binnekort weer ʼn referendum gehou gaan word.