Suid-Afrika vaar swak met inentings

Suid-Afrika is een van die lande wat die swakste vaar met sy inenting veldtog, en staan byna heel onder op die lys van presteerders.

Intussen het die regering gesien hoe hy aan flarde geruk word deur die media oor sy mikpunt om 40 miljoen mense te immuniseer teen einde Desember, en het uiteindelik ʼn nuwe mikpunt gestel.

Die regering sê hy gaan nou 22 miljoen ingeënt kry teen die einde van Februarie volgende jaar, maar kenners en ingeligte bronne wys daarop dat dit ook nie bereik gaan word nie.

Die mening is uitgespreek dat die 22 miljoen maar net ʼn nuwe storie is om die gefrustreerde inwoners van die land te paai sodat dit nie ʼn weerstand is wat kan op bou en meebring dat minder steun in die komende verkiesings vir die ANC kan beteken nie.

Om die 22 miljoen binne 11 maande te immuniseer beteken dat 2 miljoen per maand ingespuit moet word, en dit lyk beslis nie haalbaar nie, word gesê.