Suez Kanaal kom tot stilstand

Die verkeer deur een van die wêreld se belangrikste kanale vir handelskeepvaart is die Suez Kanaal, en die belangrike deurgaan roete was geblokkeer wat menige ander skepe in ʼn wagtende status gedwing het.

Die verkeer is tot stilstand gebring terwyl groot, kragtige voertuie besig was om n massiewe vragskip deur die kanaal te trek teen ʼn slakkepas. In die kanaal was twee kragtige bote wat die sleepwerk moes doen, maar voertuie is weerskante van die kanaal ingespan om die reuse vragskip deur te trek.

Die vragskip wat gewoonlik met ander seeroetes sy reis aanpak, het egter weens gure weer omgedraai om deur die Suez Kanaal te beweeg.

Die vragskip, Ever Given, vaar onder ʼn Panama vlag, maar die eienaar is in Japan, en met sy 400 meter lengte en 59 meter breedte  kon nie sonder hulp die smal kanaal aanpak nie, maar maak dit ook onmoontlik vir al die ander skepe om na hulle bestemmings te vaar.