Stywe tyd vir Mantsha voor Zondo

Die Zondo Kommissie oor Staatskaping het glo ʼn paar netelige aspekte waarop die voormalige voorsitter van Denel, ene Daniel Mantsha, antwoorde moet verstrek.

Die sogenaamde “gratis” vliegtuig ritte na die Emirate en Indië, wat deur die Gupta familie betaal is, verg waarskynlik meer duidelikheid oor waarom die omstrede, en oneerlike mense vir sy vlugte sou betaal.

In die eerste dag het advokaat Paul Kennedy SC hom daaraan herinner  dat die Kommissie antwoorde soek, en op die vraag waarom hy oorsee moes reis, het die voormalige voorsitter van Denel gesê dit was persoonlike geleenthede, ongeag die feit dat die Guptas daarvoor betaal het.

Daarop lees die advokaat die name van drie persone wat op dieselfde vlug na die Emirate geris het, naamlik Duduzane Zuma, Shanice Zuma en Daniel Manisha.