Spanning verhoog tussen EU en Britte

Die spanning is aan die toeneem tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie weens die verskil in benadering oor die koronavirus entstof.

Brittanje word daarvan beskuldig dat hy “nasionalisties” optree met die beskikbaarstelling van koronavirus entstof deur binnelandse benodighede voorkeur te gee.

Die Europese Unie sê hy het miljoene euro se entstof vanaf Brittanje se vervaardigers bestel, maar dit is duidelik dat die Britte voorkeur kry vir entstof wat in Engeland vervaardig word.

Die Europese Raad se president, Charles Michel het gesê die verenigde Koninkryk blokkeer uitvoere van entstof wat in hulle land vervaardig is, en wens die voorraad aan vir inwoners van die land.

Die president sê daar bestaan geen verbod wat veroorsaak dat entstof na die EU nie uitgevoer mag word nie, maar die Britte sorg dat die entstof plaaslik aangewend word.

Die Britse regering was hewig ontstel oor die opmerking en het die EU ambassadeur opgeroep vir ʼn verduideliking aangesien geen entstof geblokkeer is deur die regering nie.