Spanje nader vervroegde verkiesing

Uit die Spaanse hoofstad Madrid word verneem dat die moontlikheid van ʼn vervroegde algemene verkiesing moontlik is nadat die gematigdes en die regse politici in hul koalisie regering gebots het.

Die konserwatiewe leier van die Madrid streek, Isabel Diaz Ayus het aangekondig dat sy bedank en daarmee die sneller getrek dat n blits vervroegde verkiesing gehou moet word.

Die botsing het meer intensief geraak tussen die gematigdes en die konserwatiewes, wat gelei het tot die bedanking van Isabel Diaz Ayus.

Die vervroegde verkiesing is gister aangekondig en vind plaas op 4 Mei, en waarnemers reken die erge verdeeldheid onder die Spanjaarde gaan die saamstel van ʼn nuwe koalisie regering weer bemoeilik soos verlede jaar toe dit herhaalde mislukkings was voor ʼn regering “kunsmatig” saamgestel is tussen die gematigdes en die konserwatiewes.