Slowakye se ministers bedank

Die Minister van Buitelandse Sake,  Ivan Korcok, is een van ses ministers wat hulle bedankings ingehandig het nadat die president, Zuzana Caputova, bevel het dat die Eerste Minister moet bedank.

ʼn Dag tevore het die Minister van Opvoeding ook sy bedanking ingehandig, wat die politieke krisis van die land vererger het.

Die politieke krisis het ontstaan weens ontevredenheid hoe die regering die koronavirus pandemie hanteer het.

Die Eerste Minister, Igor Matovic, is gevra om te bedank weens sy hantering van die pandemie, en ook as gevolg van die eise wat uit die geledere van die 4 party koalisie regering kom.