Slowakye premier bereid om te bedank

Die Eerste Minister van Slowakye het aangekondig dat hy bereid is om onder sekere voorwaardes te bedank as premier ten einde die ernstige krisis met die koalisie regering te beëindig.

Slowakye ondervind tans ʼn chaotiese krisis in sy koalisie regering weens die ontevredenheid met die hantering van die koronavirus pandemie in die land.

Van die koalisie vennote het aansluiting gevind by opposisie partye oor die Covid-19 wat glo wanbestuur word.

Eerste Minister Igor Matovic het gesê hy is onder sekere voorwaardes bereid om terug te staan ten einde die chaotiese toestand te beëindig, maar het bygevoeg dat die koalisie vennote die onderlinge ooreenkoms wat hulle in die openbaar gemaak het teenoor mekaar, in stand gaan hou.

Hy sê hy sal ook bereid wees om as voorsitter van die kabinet te bedank om te werk as ʼn gewone parlementslid.

Hy het die versekering gegee dat die Minister van Ekonomiese Sake ook aangesê is om te bedank weens sy aandeel om die ontevredenheid onder die koalisie vennote te vererger.