Skoliere nog steeds in duister

Die Wes-Kaapse Departement Onderwys sê nog meer as sesduisend leerders is steeds sonder ʼn heenkome by skole te midde van twee nuwe skole wat opgerig is.

Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys is klaarblyklik ook nie in ʼn posisie om toe te sien dat die kinders geplaas word nie.

Onderwys kenners sê die tekort aan klaskamers, en onderwysers, is die hoofrede waarom kinders steeds by die huis sit en wag om geholpe te raak terwyl die skooljaar besig is om voort te gaan.

Dit is onbekend wat die toedrag van sake in ander provinsies is, maar ingeligte bronne wys daarop dat meer as 100 skole die afgelope twee maande deur vandale beskadig is, en wat meebring dat baie leerders in daardie skole afwesig bly uit vrees vir gewelddadige aanslae.

Die onderwys in Suid-Afrika is besig om teen ʼn snelle pas die afgrond te nader, en ouers, sowel as onderwysers is erg bekommerd oor wat die toekoms inhou terwyl die standaarde verswak en die infrastruktuur besig is om te wankel, word gesê.