Sjina wil Afrika inpalm

Oral in Afrika state is Sjinese teenwoordigheid waarneembaar. Dit is kommerwekkend, maar in geen Afrika staat is Sjinese teenwoordigheid meer sigbaar, en meer opvallend, as in Zambië nie.

Gedurende 2020 het Sjina se belegging in Zambië die grootste gewees van alle ander investerings wat die kommunistiese Sjina gemaak het.

Die bande tussen Sjina en Zambië is besonder sterk, en het met die jare verder versterk, en vandag oorheers Sjina byna die staat, want met sy 35% teenwoordigheid van Nasionale skuld, is die greep sodanig dat die regering nie daaruit gaan los kom nie, sê finansiële deskundiges.

Sjinese beheer feitlik die kleinhandel, en groot investering in die landbou word waargeneem, wat daarop dui dat die land geleidelik Sjinese besit geword het.

Daar is ʼn minderheid Zambiese inwoners wat na die tendens verwys as die “nuwe kolonialisme” wat Afrika nou tref.