Sjina waarsku VSA oor Taiwan betrokkenheid

Sjina het die Amerikaanse regering van Joe Biden gewaarsku om nie die “rooi lyn” na Taiwan oor te steek nie, se die Sjinese Minister van Buitelandse Sake.

Die top diplomaat, Wang Yi, het ʼn toespraak gehou voor honderde mense waartydens hy ook oor Hong Kong en Mianmar gepraat het en verwys het na die eenstemmigheid wat ondervind is in die kommunistiese Nasionale Volkskongres van verlede week.

Die Sjinese diplomaat het vrae van joernaliste geantwoord en gesê dat Taiwan is Sjinese gebied, en die “rooi lyn” van die land mag nie oorgegaan word nie en Sjina sal dit beslis nie toelaat nie.

Hy sê die Sjinese regering laat geen ruimte vir enige moontlike kompromieë wanneer dit gaan oor Taiwan nie, en waarsku derhalwe betyds dat Taiwan Sjinese gebied is, en versoek die nuwe regering van Amerika dat hulle dit moet verstaan, en liefs “nie met vuur te speel nie.”