Sjina verander verkiesings in Hong Kong

Die kommunistiese Parlement in Sjina het ʼn wetsontwerp goedgekeur om die verkiesings stelsel in Hong Kong te verander en dit te skoei op die lees van Beijing.

Die stelsel word sodanig verander dat dit die huidige demokratiese kiesstelsel sodanig verander dat daar kwalik van demokrasie iets oorbly.

Die Sjinese parlement, wat slegs ʼn rubber stempel is van wat die Kommunistiese president wil toepas, het die besluit met hande geklap goedgekeur, en daarmee die pro-demokrate in Hong Kong se moontlikhede om die meerderheid te vorm van die stad se regeerders, finaal die nek ingeslaan.

Die betogings van die pro-demokrate is verlede jaar ook redelik sterk beperk nadat meer mag aan die Hong Kong polisie gegee is deur Beijing, wat verseker dat optogte van protes in die kiem gesmoor kon word.