Sjina: Olimpiese Winterspele gaan voort

Die Olimpiese Paramediese Komitee in Amerika sê dat vorige boikotte teen die Spele was nie doeltreffend nie, maar doen ʼn beroep op Sjina om menseregte toe te pas op die Moslems van Uighur wat gebuk gaan onder ʼn beweerde volksmoord.

Die VSA het nog geen Olimpiese Spele geboikot sedert 1980 nie, en is ook nie van plan om die 2022 Spele in Sjina teen te staan nie, maar verwag van die kommunistiese regering om menseregte in ag te neem wat betref die Moslems in sy land.

Die VSA sê in ʼn verklaring dat die Spele belangrik is vir paramediese deelnemers wat lank gewerk het om te mag deelneem, en daarom sal dit ondersteun word, maar Sjina sal sy optrede teen die Moslems moet wysig.

Die VSA het die Somer Spele in Moskou geboikot wat in 1980 gehou is, nadat dit bekend geword het dat die destydse Soviet Unie betrokke was in die konflik in Afghanistan tydens die Koue Oorlog.

Die Olimpiese Winterspele begin op 4 Februarie 2022 in Beijing, en die Somer Spele in Tokyo sowat ses maande later.

Intussen het verskeie lande gesê hulle oorweeg om die Winter Spele te boikot as gevolg van die Sjinese se optrede teen Moslems in Sjina, wat na bewering so mishandle word dat dit op volksmoord neerkom.