Sjina en Russe span saam in ruimtevaart

Rusland en Sjina het ʼn opspraakwekkende ooreenkoms aangegaan om navorsing oor die maan te begin, met planne om ʼn “komplekse navorsing fasiliteit” daar te vestig om hulle teenwoordigheid in die ruimte te vergroot.

Sjina het reeds in Desember ʼn “eerste-van-sy-soort” begin met die lansering van ʼn tuig na die agterkant van die maan, en nou het Rusland ʼn memorandum van onderneming onderteken saam met die Sjinese om die gesamentlike ruimtestasie op te rig met ʼn gesamentlike nasionale ruimte agentskap.

Waarnemers wys daarop dat die beweging gesien moet word teen die agtergrond van die Franse se optrede om “satelliet en ander toerusting” militêr te beveilig, en kan die stappe van die Russe en Sjina aan die een kant, en Frankryk aan die anderkant, gesien word as die opstel van wapentuig vir gereedmaking van ʼn “sterre oorlog” in die toekoms.