SAL redding span eersdaags klaar

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het nog geen aanduiding van wanneer hulle weer die lugruim kan deurklief nie, maar die sake reddings praktisyns se tyd van beheer word einde Maart beëindig.

Volgens die praktisyns is die SAL nou uiteindelik nie meer bankrot nie, en word beskou as ʼn maatskappy wat “solvent en likied” is.

Die praktisyns is van plan om die SAL se beheer terug te gee aan die Staats entiteit teen die einde van Maart vanjaar, wat ook na sowat 15 maande  ʼn einde bring aan hulle taak om die lugredery van finale ondergang te red.

Die praktisyns het glo verlede Vrydag die betrokke partye ingelig oor die huidige stand en watter uitstaande aangeleenthede daar nog mag wees wat voor die einde van Maart aandag sal kry.