SA Virus Status

Sowat 9,3 miljoen mense is reeds in Suid-Afrika getoets vir moontlike infeksie waarvan 1,52 miljoen positief getoets het en 1,44 miljoen het reeds herstel van infeksie.

Die 50,678 sterftes wat tot hede aangeteken is, toon dat die beheer maatreëls redelik goed was indien dit gemeet word teen Westerse lande soos Brasilië, Amerika en Brittanje.

Net meer as 102,000 is reeds ingeënt, en die owerheid sê teen die einde van April of begin Mei sal begin word met immunisering van bejaarde mense.

Vir die 24 uur tydperk is 862 nuwe infeksies aangeteken en 31 sterftes, wat beteken dat daar nou minder as 30,000 aktiewe infeksie gevalle in die land is.