SA nog op “verbode” vliegtuig roete

Dit is nie net die Verenigde Arabiese Emirate wat sy vlugte van en na Suid-Afrika op die ys gesit het nie, alles weens die vrees vir die variant van die koronavirus wat hier te lande ontstaan en versprei is.

Die Emirate het sy Suid-Afrikaanse vlugte tot en met 20 Maart opgeskort, en selfs die drastiese afname in infeksies wat tans in die land ondervind word, het die besluit beïnvloed om vroeër te begin met vlugte nie.

Alhoewel die Emirate graag vlugte na en van Suid-Afrika aanbied, word die veiligheid van personeel en die bevolking eerste gestel, en sal vlugte hervat word op geskeduleerde tyde, behalwe as iets radikaal intussen sou opduik.

Virgin Atlantic en British Airlines het ook vlugte opgeskort, en sal waarskynlik eers teen middel April hervat word, is gesê.

Verskeie ander Europese vlugte is voorlopig gekanselleer om eers later hervat te word indien dit sou lyk asof Fase 3 van die koronavirus pandemie nie soos verwag word, aanbreek in Suid-Afrika nie.