Russe plaas beletsels op Twitter

Die sosiale media reus Twitter is in Rusland daarvan beskuldig dat hy nie gevaarlike inhoud verwyder het van sy platvorm nie, te midde van duisende klagtes wat ingestroom het.

Die reguleerders in Rusland staan daarop dat Twitter gehuiwer het om ʼn dreigement teen Russiese burgers te blokkeer in ʼn poging om “Russiese burgers te beskerm”.

Die Twitter onderneming het wel dit bemoeilik om die gevaarlike uitlatings gelees te kry, maar het dit nie geblok om dit onleesbaar te maak nie.

Twitter het nie die duisende klagtes wat ingestroom het in ag geneem nie, sê die reguleerder, en derhalwe word Twister se ruimte beperk deur die owerheid wat sekere voorsorg tref teen die onverskillige handeling van die media reus.

Die Federale Diens en Toesighouers in Kommunikasie het gevolglik die 2,569 klagtes in ag geneem en Twister gestraf vir sy onwilligheid om “onwettige inhoud” van sy platvorm te verwyder.

Die onwettige deel waarna die owerheid verwys, hou verband met dwelmmiddels wat ʼn direkte bedreiging van veral die land se kinders kan wees.