Reuse asteroïde nie meer gevaarlik

Wetenskaplikes by NASA het die wêreld bevolking gerusgestel dat die asteroïde wat aanvanklik gelyk het of dit op die aarde afstuur, nie meer ʼn gevaar vir aardbewoners is nie.

Die asteroïde wat reeds deur middel van gesofistikeerde toerusting waargeneem is, kon volgens voorlopige berekeninge teen 2068 met die Aarde bots.

Nasa kon nou met meer akkurate berekenings vasstel dat die reuse rots, deur middel van kragtige radar, ongeveer 340 meter in deursnit is, maar nou geen risiko is dat dit die Aarde sal tref nie.

Die rots wat teen ʼn verbysterende snelheid deur die ruimte klief, is reeds in 2004 die eerste keer waargeneem, en is toe deur Nasa as die grootste gevaar vir die Aarde beskou en kon akkurate berekenings soos tans, nog nie gedoen word met die toerusting van destyds nie.

Die huidige berekenings toon dat die asteroïde teen 2029 verby die aarde sal beweeg, terwyl ʼn tweede asteroïde teen 2036 “naby” die aarde sal wees.