Regering se lening stelsel misluk

Die ANC se Lening Skema wat deur hulle president, Cyril Ramaphosa, aangekondig is met die aankoms van die pandemie, is gestig met die doel om sakelui wat swaar verliese gely het, weer by te staan om te herstel.

Die Lenings Skema sou met donasies uit donasies of skenkings van die bevolking gevestig word om uiteindelik tot sowat R200 miljard te groei.

Soos wat haas elke ander plan op ekonomiese gebied misluk wat deur die regering aangepak word, het die skema ook klaaglik misluk, en is dit opvallend dat daar nou geswyg word oor die bestaan van die hulpskema wat slegs R18 miljard bymekaar kon maak.

Die sakelui wat aansoek doen om hulp te ontvang uit die Lening Skema, sal waarskynlik nie veel geld ontvang nie, aangesien die mikpunt van die regering nie eers 10% daarvan gehaal het nie.

Ekonomiese deskundiges sê die regering se poging sou beslis nie kon slaag nie aangesien die hele land ekonomies gesteier het onder die koronavirus pandemie, en min geld werklik afgestaan kon word om ander instansies behulpsaam te wees.