Rassisme in die koninklike paleis

In die eksklusiewe onderhoud met die Amerikaanse persoonlikheid, Oprah Winfrey, het Harry en Meghan beweer dat rassisme ʼn rol gespeel het in hulle verhouding met die koningin van Brittanje.

Harry het beweer dat opmerkings gemaak is oor hulle eersteling se velkleur, en uit die res van die onderhoud kon afgelei word dat die hertogin nie vertroud of gewoond kon raak aan die tradisies en protokol van die koninklikes nie.

Die Vryburger het kort voor die troue gewaarsku dat die verhouding in die koninklikes se tradisies versteur gaan word as daar kultuur verskille is, en dit blyk nou dat dit korrek voorspel is as die uitlatings van die naweek se onderhoud reg vertolk word.

Die skeuring of breuk in die familie draai direk om die kultuur verskille wat Meghan se teenwoordigheid meegebring het, en met die koms van die baba, waarvan die “velkleur verskil” van die van die ander mense in die familie, het die breuk soveel gouer gekom.