Ramaphosa voor Zondo Kommissie

Na baie gissing oor die stand van die ANC se president, Cyril Ramaphosa, of hy gaan verskyn voor die Zondo Kommissie, is daar nou meer duidelikheid.

Die president sal in April verskyn, maar die datum is nog nie gefinaliseer nie.

 Verskeie politieke partye het kwessies waaroor Ramaphosa duidelikheid moet gee, en een van die mees indringende vrae is die bedrag wat in sy rekening inbetaal het, en waaroor hy ʼn verduideliking gegee het aan die parlement wat onjuis is.

In die drie dae wat gereserveer is vir die president, dal die eerste twee dae handel oor sake wat die ANC direk raak, daarna oor ander aspekte.

Ingeligte bronne sê daar is ook elemente wat sal poog om van die president ʼn “tweede Zuma” te maak oor sekere sake soos toe hy adjunk-president onder Zuma se bewind was, en grootskaalse ongerymdhede plaasgevind het.