Prins William ontken rassisme

Die koninklikes is “beslis nie ʼn rassistiese familie nie”,  het die Britse Prins William gesê na aanleiding van sy broer, Harry se bewering dat rassisme in die familie hom en Meghan laat besluit het om te verkas.

Harry het ʼn herrie laat ontstaan toe hy in die onderhoud et die Amerikaanse vrou, Oprah Winfrey gehad het.

Tydens die onderhoud het Harry die gewraakte bewering gemaak dat mense in die koninklike familie sou wou weet wat sal die eersteling se velkleur wees.

Prins William het die koninklike familie verdedig en gesê daar bestaan geen rassisme onder die familie lede nie.

William is die eerste uit die koninklike familie wat na vore getree het om Harry se bewerings teen te staan, en die wêreld is nou aan die wonder wie van die twee broers praat die waarheid.

Meghan het glo beweer dat “iemand in die koninklike familie” aan Harry gevra het wat is die kind se velkleur, maar geen naam is genome nie, wat twyfel bring oor die werklike situasie.