President word beskuldig van dwelms

Die president van Honduras, Juan Orlando Hernandez, word daarvan beskuldig dat hy betrokke is by ʼn massiewe omkoop skandaal waarby miljoene dollar se dwelmmiddels betrokke is.

Dit is blykbaar ook nie die eerste keer dat die president daarvan beskuldig word dat hy saam met die dwelm handelaars werk nie.

Hy word beskuldig dat hy betrokke is by verskillende dwelm organisasies en die VSA se vervolgingsgesag het ook beskuldigings geopper dat die president betrokke is by kokaïne wat na die VSA gesmokkel word.

 Die beskuldiging van die Amerikaanse adjunk-prokureur Gutwillig het opslae veroorsaak en hof dokumente wat aandui dat president Hermandez by die omkopery betrek is, blyk glo verdoemende getuienis te wees wat die president kan verplig om die amp as staatshoof te bedank, en dat hy moontlik agter tralies sal beland.