Port Elisabeth – binne gevegte oor naam

Die Vriendelike Stad van weleer, het deesdae die eienskap dat die vriendelikheid onder ANC geledere vervang word met aggressie en frustrasie.

Aanvanklik is aangekondig dat die Baai se naam verander word na die bykans onuitspreekbare naam van Gqeberha.

Die stryd onder ANC lede is nog lank nie oor en verby nie, want alhoewel die naam nog nie erken word nie, omdat dit ongrondwetlik hanteer is, wil die voor praters daarvan nie die stryd gewonne gee nie.

Nathi Mthethwa, Minister van Kuns en Kultuur, gaan glo ʼn formele voorstel indien om die Gqebertha as amptelike naam goedgekeur te kry.

Die ander faksie vra dat die naam, in die lig van die Metro gebied van Nelson Mandela Baai,  eerder verander kan word na Nelson Mandela Stad.

Die burgemeester  sê die minister se voorlegging sal ook die naam van Uitenhage laat verander na Kariega.

Die burgemeester, ene Bhanga, sê meer as 66,000 klagtes is ontvang, maar ingeligte bronne sê die ANC het doof geword vir klagtes.