Polisie slaan toe op Mianmar stakers

Veiligheidsmagte in Mianmar het hulle visier nou op die spooweg werkers gerig wat besig is met ʼn volskaalse staking as eis dat die pro-demokrate se wettig verkose premier vrygelaat word.

Die steeds groeiende verset teen die generaals wat die staatsgreep uitgevoer het, het polisie nou hulle aandag verskuif na die duisende werkers van die spoorweg wat die vervoerdiens letterlik tot stilstand gebring het.

Polisie het reeds verskeie pogings aangewend om die stakers uitmekaar te dryf, maar kon tot nog toe nie daarin slaag nie.

Die ontwrigting is een van die grootste hindernisse vir die militêre regering van die weermag, en alhoewel honderde polisiebeamptes en soldate van die weermag pogings aanwend om die stakers terug t dwing na hulle werk, blyk dit ʼn onbegonne taak, en is die vervoerdiens in ʼn haglike toestand gelaat deur die ontevrede werkers wat onwrikbaar staan by hulle eis.

Die stakers het nou verskeie ander staatsdepartemente aangemoedig om mee te doen, en word daar tans beraam dat meer as 60% van die land se staatsdiens werkers hulle gewig by die stakende spoorwegwerkers ingooi om ook te begin met stakings.