Pole en Hongarye le klag teen EU

Die besluit van Pole en Hongarye om die Europese Unie in die hof te beveg oor die beoogde begroting, is ʼn aanduiding van hernuwe wrewel teen die EU oor sy pogings om die twee lande met hulle nasionalistiese regerings te straf.

Die twee lande het ʼn omvattende dokument geliasseer as klagte teen die EU en ingedien by die Europese Hof van Justisie.

Die EU se nuwe reël om betalings met sekere wet aspekte te verbind word beskou as die metodes wat aangewend word om beide lande te straf vir hulle doelgerigte optrede in hulle eie land oor juridiese aangeleenthede.

Die optrede van Pole en Hongarye het nou die finale goedkeuring van die EU begroting vertraag, hangende die hof uitspraak, en kan selfs weke neem voordat verdere goedkeuring van die begroting moontlik is.