Ontvanger gebruik tegnologie in nuwe stelsel

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gaan glo binnekort so effektief wees met sy stelsel dat dit nie meer lonend sal wees vir diegene wat belasting wil ontduik met vals inligting nie.

Dit is die mening van ʼn woordvoerder wat aan die media gesê het die Ontvanger van Inkomste gaan binnekort met nuwe tegnologie diegene wat belasting wil ontduik deur vals inligting te verstrek, makliker vastrek.

 Hy sê dit raak al meer gevorderd om skuiwergate toe te stop, maar met die nuwe tegnologie in die stelsel sal dit al moeiliker gemaak word om belasting te ontduik.

Kenners het daarop gewys dat baie sakeondernemings poog om die belasting voordele van kleinsake ondernemings te geniet terwyl hulle reeds nie meer as kleinsake kwalifiseer nie. Sakeondernemings wat dus aansoek doen om as kleinsake onderneming te registreer, se aandeelhouers mag nie aandeelhouers of ander belange by ander ondernemings he nie, en ook nie aan buitelandse sakebelange gekoppel wees nie.