“Ongelykheid” in onderrig word aan die groot klok gehang

In ʼn kwalik bedekte ras-agenda, probeer die hoofstroom SA media nog steeds om die mislukking van openbare onderwys te ettikiteer as “ongelykheid”.

Insiggewend begin die liberale pers wegbeweeg van die ANC-retoriek “legacy of apartheid”.

Maar dit is meer ʼn geval van speel met woorde, met die steeds volhardende liberale onvermoë om aanspreeklikheid ronduit te aanvaar.

ʼn Bekende dagblad verkondig luid dat die duidelike verskil in uitslag-syfers toon:

            Ongelykheid omdat privaat skole sogenaamd oor meer hulpbronne beskik.

Hierdie is ʼn opsetlike vereenvoudiging van die werklikheid.

Wat is daardie werklikheid, onverbloemd:

Ten eerste:

Privaat skole het sekerlik beter gevaar ten spyte van ontwrigtings.

Dit was egter teen die agtergrond van ouers van leerlinge wat hulle kinders se opvoeding en opleiding beskou as ʼn belegging, wat dus OPOFFER vir die bes moontlike.

Privaat skole se leerkragte is verder professioneel, toegewyd.

En danksy hierdie kombinasie word leerlinge gekoester, bemagtig en begelei om hul potensiaal te bereik.

DAAR IS NIKS MEE FOUT NIE.  

Die hulpbronne hiervoor kom 90%-plus uit ouers se sakke.

            DIESELFDE OUERS WAT BYKANS ALLE INKOMSTEBELASTING BETAAL.

Openbare skole is deel van die sosialistiese utopia – die utopia wat die meerderheid verkies.

Die leerkragte is tot groot mate onder-gekwalifiseer – maar vakbonde beskerm hulle.

Hulle staak gereeld, sonder om die belamge van hulle leerlinge in ag te neem.

Ouers aanvaar hierdie toedrag van sake deur hulle 5-jaarlikse stembus-steun aan die sosialistiese beleid wat hierdie uitkomste onvermydelik maak.

Dit moet ook onomwonde gestel word:

            Daar is geen tekort aan hulpbronne in SA nie.

            Openbare skole word deur belastingbetalers befonds.

MAAR, die hulpbronne was vir 27 jaar gesteel– wat ons weet, word nou openbare kennis in kommissie na kommissie …

Om die geld te steel en dan te kla oor sogenaamde “gebrek aan hulpbronne” is bloot om slagoffer te speel vir die uitkomste van OUERS SE KEUSE om hulle kinders se toekoms te offer op die altaar van afguns, gierigheid en eie gewin.