Nuwe wette kom eersdaags – teen blankes?

Die Ramaphosa regering het verskeie nuwe wetgewing in die kabinet bespreek en goedgekeur wat uiteindelik op die wetboek sal verskyn.

Benewens die miljarde Rand wat toegedeel word om die bankrot Landbank staande te hou, kom daar nog ʼn kommunisties gerigte Staats entiteit wat as Staats bank sal funksioneer.

Na bewering sal die openbare mening en kommentaar verwelkom word, en geleentheid daartoe sal gegee word om “deursigtigheid” te verseker, maar of die Bank soos Eskom, Denel, Prasa, Poskantoor, SAL en talle ander Staats entiteite bestuur gaan word, sal die tyd Suid-Afrika leer.

ʼn Wet word ook beoog wat die daarstel van ʼn “Landelike Hof” moontlik maak, en waarnemers sê die eerste indruk is dat die hof sal beslis oor dispute wanneer grond sonder vergoeding aan die eienaar in volle swang is, wat dus die wettigheid van die “Zimbabwe metode van grondgryp” sal word.

Waarnemers waarsku dat eienaars van enige eiendom beroof kan word wanneer die wette van krag word, en die moontlikheid van korrupsie word al groter na mate die vreemde wette Suid-Afrika onherroeplik verander na wat in Afrika gevind word.

Ten einde die Poskantoor te probeer red van ondergang, is goedgekeur dat die SA Posbank gevestig word as staats entiteit, en sal daar na verwagting miljarde Rand in die bankrot struktuur ingepomp word om eerstens te dien as weerlg afleier vir diegene wat die Reserwebank genasionaliseer wil sien, en die tweede rede is waarskynlik om die Poskantoor van ondergang te probeer red.