Nuwe planne is ou beloftes

Die aankondiging van die ANC se president, Cyril Ramaphosa, dat “nuwe planne” besig is om aandag te kry word deur ekonome en deskundiges bestepel as ou beloftes wat nie realiseer nie.

Ramaphosa sê sy regering werk aan belangrike  dokumente wat ten doel het om die wortel van korrupsie in die openbare dienste uit te roei.

Sy weeklikse “ope brief” aan die kiesers wat hy Maandag vrygestel het, word bekend gemaak dat die “Nasionale Implementerings Raamwerk” gerig is op die Openbare Dienste wat die bou van die staat se beter dienste sal bevorder.

Die raamwerk wat deur die Ramaphosa kabinet goedgekeur is  in November 2020, sal voortaan volle aandag kry, maar kenners reken dit is net nog ʼn weerlig afleier waarvan niks tereg sal kom nie.

Die land is reeds 27 jaar onder druk weens die onkundige, willose, bestuurspraktyke van die ANC se swart bevoordelings beleid wat die land ten gronde rig, en al die ou beloftes van Mandela word weer opgediep om net praatjies te maak, is gesê.