Nuusflitse

Wes-Kaap

Die Departement van Onderwys kon nog steeds nie hulle belofte nakom nie, want sowat 6,000 leerders is nog altyd in die duister oor wanneer hulle in skole opgeneem gaan word. Nagenoeg 19 duisend leerders was aanvanklik onseker oor wanneer hulle geplaas gaan word, en die tekort aan skole word toegeskryf aan die welbekende rede – daar is nie geld nie.

Inenting

Suid-Afrika se inenting vorder so stadig dat dit volgens die jongste berekenings, 18 jaar gaan neem om almal in die land te immuniseer, terwyl die regering gesê het dat 40 miljoen inwoners ingeënt sal wees aan die einde van Desember vanjaar.

Sakelui wil inenting doen

Suid-Afrikaanse sakelui, waaronder Shoprite, wil self ook betrokke raak om koronavirus entstof te bekom en aan te wend vir inwoners om daarmee groter momentum te gee aan die stadige inenting wat tans heers.