Nuusflitse

Virus in SA

Die jongste gegewens toon dat 638 nuwe infeksie gevalle van die koronavirus aangeteken is in die afgelope 24 uur, met 125 sterftes in dieselfde tyd. Dit bring die aktiewe infeksies in die land op minder as 29,000 te staan.

Vrees

Paniek het losgebars in die Laeveld waar meer as ʼn 100 krokodille by ʼn teel-plaas ontsnap het en nou reeds meer as 24 uur gesoek word sonder om enige een te vind. Mense in die omgewing vrees dat hulle deur die diere aangeval kan word.

Weermag

In ʼn verslag wat pas vrygestel is, word beklemtoon dat vroulike werkers in die weermag van SA geteister word, en dat die saak so ernstig is dat selfs die verenigde nasies beswaar gemaak het teen die optrede van SA soldate wat diens doen in ander lande.