Nissan herroep verskeie modelle

Die motor vervaardiger Nissan SA het ‘n oproep gedoen tot voertuig eienaars om seker te maak dat hul voertuie nie foutiewe lugsakke het nie. 

‘n Klomp ouer Nissan modelle wat toegerus is met Takata lugsakke  moet hul naaste Nissan handelaar kontak om seker te maak dat die fout herstel is.

Modelle wat geraak is, is die Tiida, Livina, D 40 Navara, K13 Micra, tweede generasie (T31) X-Trail en die N 16 Almera.

Geen jaar modelle is gemeld nie asook nie hoeveel voertuie hierby betrokke is nie.

Voertuie waarvan die lugsakke foutief is kan mense se dood beteken indien ʼn ernstige ongeluk plaasvind, en eise kan teen vervaardigers ingestel word der mense wat beseer is, en selfs wanneer dit noodlottig is kan reuse eise ontstaan.