Nederlandse premier wen verkiesing

Mark Rutte

Met nog ʼn aansienlike deel van die stemme wat getel moet word, het dit reeds duidelik geword dat die Nederlandse premier die verkiesing met ʼn vergrote meerderheid gaan wen.

Die aanduiding is dat Eerste Minister Mark Rutte die meeste setels in die parlement sal kry, en dat hy sy vierde termyn as premier binnegaan.

Die premier het in die vorige verkiesing gesukkel om ooreenkomste te bereik met ander partye sodat ʼn regering saamgestel kon word, maar alles dui daarop dat hy hierdie keer veel beter gevaar het.

Die Nederlandse politiek is egter so verdeeld dat die groot aantal politieke partye wat deelneem aan die verkiesing, dit onmoontlik maak vir enige party om ʼn volstrekte meerderheid uit die 150 setels in die Laerhuis kan verower.

Rutte se party sal blykbaar net 36 setels verower, maar dit sal glo ʼn mandaat wees om ʼn regering saam te stel.

Die party met die tweede meeste setels, het 27 verower, en die nasionalistiese Geert Wilders het minder setels en was vroeër die grootste opposisieparty, maar het nou die derde meeste setels.