Navalny verswak in Russiese strafkamp

Die Russiese opposisieleier, Alexei Navalny is etlike weke gelede uit die swakste tronk in Moskou, oorgeplaas na ʼn onleefbare strafkamp.

Navalny het die vergiftiging om hom uit die weg te ruim, oorleef danksy die snelle optrede van Duitsland wat hom na Europa se beste hospitaal geneem het waar hy uiteindelik herstel het van die aanval op hom.

Hy is met sy aankoms terug in Rusland, gearresteer en in die swakste tronk van Moskou aangehou, en later oorgeplaas na ʼn strafkamp waar sy gesondheid besig is om agteruit te gaan weens die haglike omstandighede.

Strafkamp Nommer 2 naby Pokrov, buite Moskou is bekend vir hulle onmenslike streng reëls en die ongenaakbare houding teen oortreders is vir menige ʼn groot bron van kommer.

Navalny se toestand is glo nie goed nie, en weens ʼn probleem met een been, kan hy nie meer behoorlik loop nie.

Bewerings word gemaak dat geneeskundiges en sy regsverteenwoordigers toegang tot Navalny se kamer geweier word, wat kommer laat oor die feit dat hy nog 2 jaar in aanhoudings sal wees.