Navalny toestand stabiel, sê Rusland

Kort nadat die media wêreldwyd rapporteur het dat die gesondheid van Alexei Navalny agteruitgaan, het Rusland sy verklaring uitgereik en gesê Navalny se toestand is stabiel.

Die verklaring van die Russiese Federale Strafdiens kom ʼn dag nadat die wêreld reeds kennis geneem het van sy verswakte gesondheid toestand.

Mediese kenners sê die feit dat Navalny se toestand as stabiel beskryf word, beteken ook dat hy ernstige gesondheid probleme ondervind.

Ondersteuners van Navalny sê hulle is erg bekommerd oor die agteruitgang wat ondervind word in sy gesondheid, en sy regsverteenwoordiger sê daar is geen manier waarop enige iemand hom kan besoek nie.

Die strafkamp owerheid het verklaar dat ʼn mediese ondersoek gedoen is en dat Navalny se toestand bevredigend en stabiel is.