Musk verwerp beskuldigings van spioenasie

Tesla aanleg, Sjina

Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr en tegnoloog, Elon Musk, het bewerings verwerp dat sy Tesla vervaardigings aanleg in Sjina ook ʼn spioenasie afdeling het wat inligting bekom en aan die VSA stuur.

Die elektriese motorvoertuig vervaardiger het ʼn reuse aanleg opgerig in Sjina om daarmee die mark vir e-motors te ontgin, en die Sjanghai aanleg is vir Tesla se baas van groot belang, en is gefokus daarop om as die rykste man ter wêreld, op die voorpunt te bly.

Sjina is bekommerd dat die Tesla aanleg gebruik kan word om Tesla data oor te plaas na die VSA, en dan daarby in te sluit sekere vertroulike inligting van Beijing.

Musk het egter in reaksie op die vrese gesê alle Tesla data is en bly “hoogs vertroulik” en word nie aan enige ander instansie beskikbaar gestel nie.