Molefe sê Thuli het hom verraai

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, is deur Brian Molefe daarvan beskuldig dat sy hom verraai het in haar tyd as OB van Suid-Afrika.

Die bewering het Molefe die week gemaak tydens sy getuienis lewering van die Zondo Kommissie oor Staats kaping.

Molefe, die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van Eskom, het die week voor die Zondo Kommissie verskyn, en gesê dit was die destydse OB wat “die masjien geweer op snelvuur gesit het en alles vernietig het wat voor haar gekom het, en dit sluit Molefe self ook in, het hy gesê.

Molefe wat tans hoof van Transnet is, se getuienis voor die Kommissie oor Staats kaping het Maandag geleentheid gehad om sy saak te stel, maar Die Vryburger kon nie vasstel waarom Madonsela beskuldig word van verraad nie.

Die vermoede bestaan dat die “verraad” verband hou met die feit dat Molefe wel verbintenisse met die omstrede Guptas gehad het.