Minister sal nie bedank

Ondersoek word gedoen na bewerings wat die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize dadelik laat reageer het, en hy dit onomwonde gestel het dat hy nie uit sy pos sal bedank nie.

Die ondersoek wat gedoen word, het betrekking op R82 miljoen se kontrakte tussen sy Departement en verskillende maatskappye.

Volgens onbevestigde berigte is twee van die minister se goeie vriende betrokke by die beweerde korrupsie en word daar nou op die minister se bedanking aangedring deur opponente en in die sosiale media.

Die minister het gesê hy en sy Departement van Gesondheid is ten volle bereid om saam te werk met die ondersoekers aangesien hy niks het om te verberg nie.

Gedurende die afgelope jaar het verskeie lede van die ANC in die spervuur beland oor hulle beweerde betrokkenheid by korrupsie, veral met die toerusting wat aan instansies toegeken is met kontrakte wat nooit in die handel betrokke was nie.