Mense wyk uit stede na dorpe

Die afgelope jaar het nie net ʼn nuwe leefstyl en benadering tot die werksplek gebring deur die koronavirus pandemie nie, maar het ook mense laat wegbeweeg van stedelike gebiede na die goedkoper en rustiger lewe van die kleiner dorpe.

Eiendomsagente beweer dat hulle deesdae meer woonhuis in aanvraag het in klein dorpies, terwyl die mark vir woonhuise in stedelike gebiede radikaal verander het.

Die vermindering is salarisse speel ʼn besliste rol, want die pandemie het veroorsaak dat maatskappye salarisse afwaarts aangepas het en personeel was genoop om dit te aanvaar weens die werkskaarste as gevolg van die swak ekonomiese stand in Suid-Afrika.

Die pandemie het ook ʼn nuwe kultuur ontwikkel wat menige werkers  nou op rekenaars vanaf hulle woonhuise doen, en die tendens hou vir die werkgewer sowel as die werknemer groot voordele in.

As gevolg hiervan kan die werknemer in baie gevalle uit die stede verhuis na die platteland waar behuising veel goedkoper is en die gedurige trotseer van stadsverkeer is nie meer nodig nie.