Menige poskantore sluit weens bankrotskap

Tientalle poskantore het die afgelope paar dae hulle deure gesluit weens finansiële redes, en die uitbetaling van pensioene en ander gelde, word hierdeur geraak.

Baie poskantoor werkers het opgedaag vir diens om te vind dat die deure gesluit is en dit weens die wanbetaling van die huur op die perseel.

Die poskantoor take wat sluit is nie net beperk tot sekere gebiede nie, maar strek oor ʼn groot gebied regoor Suid-Afrika, wat meebring dat belangrike posstukke nie afgelewer kan word nie.

Die sukkelende Poskantoor het ʼn netto verlies van R429 miljoen gehad in die drie maande tydperk, en het te midde van die kreupel status, sy werksmense in die duister gehou wat betref die onvermoë om huurgeld en vergoeding te betaal.

Dit is nie bekend hoeveel takkantore se duire gesluit is weens wanbetaling nie, maar onbevestigde berigte lui dat dit waarskynlik meer as die helfte van sy totale aantal take is.