Meksiko sterftes veel hoër as statistiek

Die sterftes aan koronavirus infeksie in Meksiko is veel meer as wat aanvanklik in die land se statistieke opgegee is, en het met 60% gestyg toe die korrekte syfers verwerk is.

Die sterftes staan nou op meer as 321,000 gevalle, wat 60% meer is as wat aanvanklik deur die statistiekdiens bekend gemaak is.

Die nuwe gegewens is bykans net so hoog as Meksiko se buurstaat Brasilië, waar die dodetal ook baie hoog gestyg het.

Die regering van Meksiko was van mening dat die dodetal net meer as 201,000 is, en die jongste gegewens het die land soos ʼn skokgolf getref, en kenners reken die verkeerde gegewens kom omdat die land nie veel doen om mense te toets nie.