Mees luukse kompleks byna voltooi

Die nuwe Waterval Stad wat opgerig word, nader glo voltooiing en word beskou as die mees luukse van sy soort in die land.

Verkope van die Elipse Waterval ontwikkeling in Midrand het nou die R1 miljard syfer bereik, en is daar tot hede 337 eenhede van die hand gesit.

Die projek word glo beskou as een van die grootste deeltitel ontwikkelings van die uiters luukse aard wat nog in Suid-Afrika opgerig is, en alhoewel die projek 80% voltooi is, moet daar nog baie werk gedoen word.

Die eerste fase bestaande uit die sogenaamde Newton en Kepler totings is nie ver van klaar nie te midde van die belemmering wat die pandemie veroorsaak het.

Die konstruksie van die tweede fase word reeds begin, en sluit ondermeer in die oprigting van die hoofgebou wat die hoogste van vier toring geboue sal wees, en wat na verwagting teen die einde van 2022 voltooi sal word.