Mars se waterbronne nie verlore

Aanvanklik het wetenskaplikes geoordeel dat die meeste van die Rooi Planeet se water voorraad in die ruimte verlore geraak het, wat nou blyk, ʼn verkeerde aanname was.

ʼn Nuwe studie het egter aan die lig gebring dat die moontlikheid eerder bestaan dat die massa water op die planeet eerder ondergronds vasgevang is en steeds op Mars is.

Seder 2012 het wetenskaplikes geweet dat daar wel water op die planeet was, maar die jongste gegewens wys dat daar ander moontlikhede is oor wat van die water geword het.

Die geleerdes is nou van mening dat die planeet baie eeue gelede oordek was van water, wat geleidelik op die oppervlakte weggeraak het.

NASA se navorsers meen die water kan selfs opgeneem wees in minerale wat onder die oppervlakte is, maar dit gaan tyd neem om die moontlikhede vasgestel te kry.