Manila eis dat Sjinese bote padgee

Die owerheid in Manila het ernstig versoek dat die Sjinese hulle vloot van meer as 200 skepe in die Suid Sjinese See moet verwyder wat nie Sjinese gebied is nie alhoewel die regering van Beijing glo dit is hulle seegebied.

Die Nasionale Taakmag van die Wes Filippyne See het ʼn reeks foto’s vrygestel van die enorme vloot Sjinese skepe in die gebied.

Die afgelope naweek het die Minister van Verdediging in die Filippyne beveel dat die meer as 200 Sjinese skepe die Suid Sjinese See se rif moet verlaat.

Die rif word deur Sjina sowel as die Filippyne as hulle seegebied beskou, en dit lyk nie of Sjina sal reageer op die bevel dat sy skepe die rif moet verlaat nie.

Manila het Beijing verwittig dat die rif waar die bote tans is, inbreuk maak op die soewereiniteit van die Filippyne.