Limpopo man wen lotto

ʼn Man van Limpopo, en vader van drie kinders, het R43 miljoen ryker geword met sy R22 kaartjie. Hy beplan glo om sy drie kinders die beste moontlike geleerdheid te gee sodat hulle waardige werk kan doen.

Die Nasionale Lotery se woordvoerder sê die wenner is van Limpopo en het gewen met die trekking van 5 Maart vanjaar.

Die wenner sê hy en sy vader het hulle eie sakeonderneming en hy het met sy familie die wen geleentheid gevier in ê restourant.

Van die geld sal glo aangewend word om die sakeonderneming verder uit te brei.