Korea missiel lansering word ondersoek

Terwyl die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad besin oor ʼn moontlike ondersoek na die onlangse lansering van ballistiese missiele deur Noord-Korea, het die land gesê die ontwikkeling van ballistiese missiele is sy reg op selfverdediging.

Uit Pyongyang, die hoofstad van Noord-Korea, is die verklaring gemaak na aanleiding van die moontlikheid dat ondersoek gedoen gaan word onder die vaandel van die Verenigde Nasies se veiligheidsraad.

Noord-Korea beweer dat hy in staat was om ʼn nuwe tipe ballistiese missiel te ontwikkel, wat die VN se sanksies komitee ʼn spoedvergadering laat belê het en ʼn paneel van deskundiges betrek het wat oor die vermoë beskik om ʼn deeglike ondersoek te doen.

Dit is reeds meer as ʼn jaar gelede dat die VN se deskundiges die mandaat gekry het om ondersoek te doen, en aanbevelings te doen oor moontlike strenger sanksies, maar die optrede van die VN het Noord-Korea geensins beïndruk nie, en is voortgegaan met verdere ontwikkeling van sy wapentuig.